Graaff Reinet Karoo Country Restaurant

 

 

10 February 2011

Dowwe Dolla

 

Kom kuier vir ons @ Pioneers Restaurant die 10de Feb. 20:00
Kaartjies is R80 p.p

Oom Villa en sy orkes La Petit sal die voorprogram doen
Smullende Pioneers Baskets word verkoop
KONTANT KROEG IS BESKIKBAAR
 

 

Margit Meyer-Rödenbeck
In
Dowwe Dolla: 007
Teks en regie: Hennie van Greunen

 

 

Eers was daar Plenty O’Toole, Honey Ryder, Pussy Galore en nou Dolla, Dowwe Dolla - 007. Sy hou van haar sjokolade MoShaik gepluk, nie geskud nie. Dolla sluit aan by die Departement van Oninteligensie (sy’t hard gesoek, want daar’s baie van hulle in die staatsdiens).

 

Haar missie: om die misterieuse organisasie DOM (Diaboliese Onnosele Morone) te infiltreer waar hulle ookal skuil: in die politiek, die sportarena en die glanswêreld - Dolla se 2010 gaan besig wees. Want Dr No het uitgevind you don’t live(r) twice, Shabir gaan duidelik Die Another Day, Mike Bolhuis het sy License to Kill by die Spar gekoop en, as Amor haar kaarte reg speel, gaan sy Moerryker wees.

 

Dolla se bra skiet pyle, daar is plofstof in haar panty en haar lollie is vol sianied, net in geval. (Sy’t bietjie vergeet van die lollies, so sy’t reeds drie geëet. Dis goed vir die opelyf.) Dowwe Dolla 007: die avontuur begin…

 

e-mail :  pioneersrestaurant@telkomsa.net     phone : 049 892 6059      cell : 084 515 1021    Roelien van de Putte

 

Graaff Reinet Karoo Country Restaurant